Leer hoe om die Inhoud-oortjie in YouTube Studio Analytics te gebruik om data van video's, Kortvideo's, regstreekse strome en plasings te vergelyk.
Ask about this video. Answers come from its transcript only — with the timestamp, so you can check them.
Generated from the transcript and can be wrong — check the timestamp.
Key Takeaways
- Die Inhoud-oortjie versamel en organiseer analise vir verskeie inhoudtipes op een plek.
- Verskillende skyfies fokus op spesifieke inhoudtipes met relevante maatstawwe en insigte.
- Hervermengingsdata help om te verstaan hoe jou inhoud elders gebruik word.
- Die oortjie ondersteun beter besluitneming oor watter inhoud om te skep en te bevorder.
- Gevorderde analise is beskikbaar in Desktop Analytics vir meer diepgaande insigte.
What the video covers
- Die Inhoud-oortjie in YouTube Studio Analytics versamel data vir verskeie inhoudtipes soos video's, Kortvideo's, regstreekse strome en plasings.
- Daar is skyfies vir 'Alles', 'Video's', 'Kortvideo's', 'Regstreeks' en 'Plasings' om maatstawwe vir elke inhoudtipe te sien.
- Die 'Alles'-aansig kombineer analise van al jou inhoud om te help bepaal watter tipe inhoud die beste presteer.
- Die 'Video'-skyfie toon kyke, indrukke, deurklikkoers, gemiddelde kykduur en sleuteloomblikke vir gehoorbehoud.
- Die 'Kortvideo's'-skyfie wys kyke, opduime, intekenare, en inligting oor hoe die gehoor Kortvideo's kry, insluitend hervermengings.
- Hervermengings is Kortvideo's wat gedeeltes van ander se inhoud gebruik, en jy kan sien hoe jou inhoud hergebruik word.
- Die 'Regstreeks'-skyfie gee data oor kyke, indrukke, deurklikkoers en kykduur van regstreekse strome en herspele.
- Die 'Plasings'-skyfie toon plasingindrukke en prestasie van verskillende plasings soos meningspeilings en teksplasings.
- Die Inhoud-oortjie help om verskillende inhoudtipes se prestasie op een plek te vergelyk en jou kanaalgroei te bevorder.
- Vir meer gevorderde data oor topkaarte, snitlyste en eindskerms word die Gevorderde modus in Desktop Analytics aanbeveel.
Chapters
- 00:00Inleiding tot die Inhoud-oortjie
- 00:20Skyfies en inhoudtipes
- 00:34'Alles'-aansig en algemene analise
- 00:56'Video'-skyfie en sleutelstatistieke
- 01:35'Kortvideo's'-skyfie en hervermengings
- 02:19'Regstreeks'-skyfie en stroomdata
- 02:48'Plasings'-skyfie en plasingprestasie
- 03:01Opsomming en verdere hulpbronne
Full Transcript — Download SRT & Markdown
Speaker A
In hierdie video sal ons deur die Inhoud-oortjie in YouTube Studio Analytics gaan. Met hierdie oortjie kan jy maklik op een plek data vir jou video's, Kortvideo's, regstreekse strome en plasings vind, sodat jy verskeie inhoudtipes se analise kan vergelyk en sien wat vir jou gehoor werk.
Speaker A
Die Inhoud-oortjie is vir jou gepasmaak en hang van die tipe inhoud af wat jy plaas.
Speaker A
Daar is skyfies vir "Alles", "Video's", "Kortvideo's", "Regstreeks" en "Plasings" waarmee jy maklik maatstawwe vir elke inhoudtipe kan sien.
Speaker A
Kom ons gaan eers deur die "Alles"-aansig. Hierdie skyfie kombineer analise vir al jou verskillende inhoudtipes sodat jy kan sien hoe jou oplaaie teenoor mekaar vaar, wat jou kan help om besluite te neem oor watter soort inhoud om te maak.
Speaker A
Jy kan 'n uiteensetting van jou kyke sien, hoe kykers jou kry en inligting oor hervermengings of jou kanaalinhoud wat gebruik is om Kortvideo's te skep.
Speaker A
Kom ons kyk nou na die "Video"-skyfie. Hier sal jy algehele kyke van jou video's, indrukke, deurklikkoers en gemiddelde kykduur sien.
Speaker A
Jy sal ook jou topvideo's volgens kyke sien en die verskillende maniere waarop jou kykers jou video's kry, in die algemeen of vanaf YouTube-soekterme, voorgestel, snitlyste met jou video's, eksterne werwe of apps en meer.
Speaker A
Laastens is daar sleuteloomblikke vir gehoorbehoud op jou nuutste video's. Hier sal jy die persentasie van jou kykers sien wat na 30 sekondes nog kyk, top-oomblikke, toenames en dalings.
Speaker A
Volgende, die "Kortvideo's"-skyfie. Jy sal eerstens kyke, opduime en intekenare sien. Jy sal ook jou top-Kortvideo's volgens kyke sien.
Speaker A
Jy sal sien hoe jou gehoor jou Kortvideo's gekry het, soos deur die Kortvideo's-stroom, eksterne bronne, YouTube-soektog en meer.
Speaker A
Daar is ook 'n afdeling gewy aan hervermengings. Op YouTube is 'n hervermenging 'n Kortvideo wat geskep is deur 'n deel van iemand anders se inhoud te gebruik.
Speaker A
As jou inhoud voorheen hervermeng is, sal jy in hierdie afdeling spesifiek sien hoe ander mense jou inhoud gebruik.
Speaker A
Jy sal hervermengingkyke sien, wat die gekombineerde aantal kyke is oor alle Kortvideo's wat jou inhoud gebruik het.
Speaker A
Jy kan sien hoeveel keer jou Kortvideo’s in 'n hervermenging gebruik is en jou tophervermengde inhoud.
Speaker A
Volgende, die "Regstreeks"-skyfie. Hier kan jy jou kyke, indrukke, deurklikkoers en gemiddelde kykduur vir jou regstreekse strome sien, insluitend terwyl hulle regstreeks was en daarna as herspele.
Speaker A
Jy sal ook jou top-regstreekse strome met kyktellings sien. Laastens kan jy sien hoe jou kykers in die algemeen na jou stroom gekom het of vanaf YouTube-soekterme, voorgestel, snitlyste met jou video's, eksterne webblaaie of apps en meer.
Speaker A
Die laaste skyfie in die Inhoud-oortjie is aan plasings gewy. Hier kan jy plasingindrukke nagaan en kyk hoe jou verskillende tipes plasings presteer, soos topbeeldplasings, meningspeilings, teksplasings en meer.
Speaker A
Die Inhoud-oortjie in Studio Analytics is 'n goeie manier om inligting oor al jou verskillende tipes inhoud op een maklike plek te vergelyk en te kontrasteer.
Speaker A
Jy kan sien waarvan jou gehoor meer wil hê en hoe om jou kanaal te laat groei.
Speaker A
As jy meer inligting oor jou topkaarte, snitlyste of eindskerms soek, kyk na Gevorderde modus in Desktop Analytics.
Speaker A
Vir meer inligting oor die Inhoud-oortjie in Studio Analytics kyk na die skakels in die beskrywing.
Speaker A
Dankie dat jy gekyk het.
Topics:YouTube StudioInhoud-oortjieAnalyticsVideo-analiseKortvideo'sRegstreekse stromePlasingsHervermengingsKanaalgroeiYouTube data











